6 Januarie: Man kry 14 jaar vir pepersproei-aanval op polisie
’n Man van Pennsilvanië wat skuldig bevind is aan aanranding en ander aanklagte nadat hy polisiebeamptes op 6 Januarie by die Kongresgebou met pepersproei bestook het, is tot 14 jaar tronkstraf gevonnis. Die 49-jarige Peter J. Schwartz is verlede Desember skuldig bevind tydens ‘n verhoor in die federale hof waar bewyse getoon het dat hy polisiebeamptes aangerand het. Aanklaers sê Schwartz het toe ‘n polisiesak vol pepersproei-houers gevat en dit aan ander in die skare, insluitend sy vrou, uitgedeel sodat hulle dit kon gebruik.