6-Januarie komitee sal misdaad-verwysings teen Trump maak

Die Amerikaanse Huis se gekose komitee wat die 6 Januarie-onrus ondersoek, sê dis nie uitgesluit dat talle misdaad-verwysings teen oudpresident Donald Trump gemaak kan word nie. Dit volg na skokkende getuienis verlede week, insluitend dié van die voormalige Withuis-assistent, Cassidy Hutchinson. Sy het vertel hoe woedend Trump was toe sy geheime diens-lyfwagte op 6 Januarie gesê het hy mag nie by betogers buite die kongresgebou aansluit nie. Die komitee se ondervoorsitter, Liz Cheney, sê die Departement van Justisie hoef nie vir die komitee te wag om ‘n misdaadverwysing te maak nie.