53ste Tara as reuse-sukses bestempel

Die M&Z Motors Tara-tydren word bestempel as ‘n reuse-sukses. Uit 17 motors het net vier uitgeval. Dit was die 53ste uitgawe van die uiters gewilde tydren en hoofborg M&Z Motors het aangedui hy sal volgende jaar ook betrokke wees. Die algehele wenner was Wilro Dippenaar met sy navigator Carolyn Swan. Dit was Dippenaar se derde Tara oorwinning. Richard Slamet van die Windhoek Motorklub het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.