500 mynwerkers steeds ‘vasgekeer’

Die mynwerkersvakbond, Amcu, gaan die bestuur van die GoldOne-groep betrek om die veilige terugkeer van meer as 500 mynwerkers in ‘n myn aan die Gautengse Oos-Rand te verseker. Die werkers van die Modderfontein-myn in Springs, eis Amcu se erkenning. ʼn Woordvoerder van Amcu, Jeff Mphahlele, sê die mynbestuur weier om hulle te erken al werk hulle sedert Januarie by die myn. Die vakbond N-U-M sê hy is bekommerd dat sy lede sonder kos of water ondergronds vasgekeer bly.