50 rykste miljardêrs versnel klimaatkrisis: Oxfam

Die hoë koolstofuitlatings van die wêreld se rykste een-persent vererger hongersnood, armoede en oortollige sterftes. Dit blyk uit die jongste verslag deur Oxfam, wat gekyk het na die portefeuljes van die 50 rykste miljardêrs. Die verslag het bevind hulle is gemiddeld verantwoordelik vir meer koolstofuitlatings in minder as drie uur as die gemiddelde Britse persoon in hulle hele leeftyd. Oxfam sê byna 40-persent van die miljardêrs se aandeelhouding is in uitlating-intensiewe nywerhede soos olie, mynbou, skeepsvaart en sement.