50 joernaliste in hegtenis na Nigerië-betogings
Nigeriese veiligheidsmagte het Saterdag tydens betogings in die hoofstad, Abuja, koeëls en traangas op betogers en joernaliste afgevuur. Dit is volgens joernaliste op die toneel en video’s wat deur die Associated Press-nuusagentskap nagegaan is. Minstens 50 joernaliste is Saterdag in Abuja in hegtenis geneem, volgens Amnestie Internasionaal in Nigerië. Byna 700 betogers is tot dusver regoor die land in hegtenis geneem terwyl nege beamptes tydens die betogings beseer is, sê die Nigeriese polisie. Die betogings is hoofsaaklik teen die lewenskoste-krisis, wanregering en korrupsie.