50 jaar, 34 000 burgers, en die oompie eet steeds voort…
‘n McDonald’s-liefhebber het sy eie Guinness-wêreldrekord vir die meeste Big Macs wat in ‘n leeftyd geëet is, verder opgestoot – tot meer as 34 000.
Don Gorske sê hy het mense verras deur sy mylpaal 70ste verjaardag te bereik, ondanks sy 50-jaarlange gewoonte. In ‘n stadium het die Amerikaner nege hamburgers per dag geëet voordat hy sy inname tot twee verminder het.
Hy bestel ook altyd vir hom aartappelskyfies met sy burger, en stap daagliks byna 10km. Don sê: “Baie mense het gedink ek sou nou dood wees. Maar in plaas daarvan is ek een van Guinness-wêreldrekord se langste rekordhouers.”
Die afgetrede tronkbewaarder van Wisconsin sê sy Big Mac “affair” het begin toe hy sy eerste een op 17 Mei 1972 geëet het – en hy het sedertdien elke kwitansie en boks gebêre. In daardie oomblik het hy vir homself gesê: “Ek gaan hierdie waarskynlik vir die res van my lewe eet.” Hy het die kartonne op die agtersitplek gegooi en dit van dag een af begin tel. “Ek beplan om Big Macs te eet totdat ek sterf. Ek is nie van plan om te verander nie. As ek van iets hou, hou ek daarby.”