50 000 mense woon Upfest in Bristol by

Sowat 50 000 mense het die naweek Europa se grootste graffiti-fees bygewoon. Upfest het vanjaar sy 15de jaar in Bristol, Engeland, gevier, met 300 kunstenaars wat tydens die fees kunswerke geskep het, musiek, kraampies en bedrywighede. Die feesdirekteur, Steve Hayles, sê Upfest het by die Tabacco Factory afgeskop met sowat 40 kunstenaars en 40 besoekers. Hy sê dit is wonderlik om te sien hoe die gratis fees jaarliks gegroei het sedert dit die eerste keer aangebied is. Die fees is vanjaar die eerste keer in Greville Smith-park gehou.