4de Wêreld Jaggeweerskietkampioenskap sterk aan die gang

Die 4de Wêreld Jaggeweerskietkampioenskap het op 10 Junie by Otjiwa wildshuisie suid van Otjiwarongo begin. Die kompetisie eindig Saterdag. Kosmos 94.1 Nuus het met Karola Marais, die sekretaresse van die Namibiese Jaggeweerskiet-unie, gesels wat meer inligting oor die kompetisie gegee het.