49% moet leen om skuld te betaal – TransUnion

Sowat 49 persent van Namibiese verbruikers sal na verwagting nie in staat wees om ten minste een van hul rekeninge of lenings ten volle te kan betaal in die huidige kwartaal nie. Volgens TransUnion Namibië se jongste Verbruikerspolsstudie beplan 25 persent van verbruikers om by ‘n vriend of familielid geld te leen om van hul rekeninge te help betaal. Toegang tot krediet bly deurslaggewend vir plaaslike verbruikers, sê die maatskappy. Die vraag na krediet het skerp toegeneem in die tweede kwartaal en 41 persent van respondente beplan om nuwe skuld te maak binne die volgende jaar, volgens die maatskappy. Kosmos 94.1 Nuus het met die plaaslike ekonoom Gabriel Erastus gesels oor verbruikers se ekonomiese realiteite.