4,8 miljoen kinders lei honger in SA
‘n Verslag oor die toestand van kinders in die buurland het aan die lig gebring 4,8 miljoen Suid-Afrikaanse kinders ly honger. Die studie, wat deur die Nelson Mandela-stigting in samewerking met Deloitte Africa gedoen is, toon die hoogste koerse van multi-dimensionele armoede is in Limpopo, Gauteng en die Wes-Kaap. Die Nelson Mandela Kinderfonds se uitvoerende hoof, Linda Ncube-Nkomo, sê huishoudings met swart Afrikane aan die hoof en dié wat deur vroue gelei word, ervaar meer armoede. Ncube-Nkomo beklemtoon hoe belangrik dit is om billike toegang tot onderwys en werksgeleenthede te verseker om hierdie uitdagings te takel.