46% verhoging in krag onaanvaarbaar – UDM

Die UDM in die buurland sê die dreigende elektrisiteit-prysverhoging van 46-persent wek ernstige kommer oor die moontlike uitwerking op verbruikers en die breër ekonomie. Die party sê Eskom se wanbestuur moenie aan verbruikers oorgedra word nie, wat nie die gevolglike koste van 8 miljard Suid-Afrikaanse rand kan dra nie. Hy voeg by ‘n voorgestelde verhoging van 46-persent sal ‘n ondraaglike las op verbruikers plaas, wat reeds met die stygende lewenskoste worstel.