45ste Kaapstad Fietstoer vind Sondag plaas

Die Stad Kaapstad sê hy is bevoorreg om gasheer van die Kaapstad Fietstoer te wees wat Sondag sy 45-jarige bestaan vier met die aanskoulikste roete wat fietsryers deur die Moederstad sal aflê. Die fietstoer is bekend vir sy sirkelroete van 109 kilometer deur die Kaapse Skiereiland en vanjaar is daar ‘n nuwe, korter roete van 42 kilometer ingestel. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit, JP Smith, sê die bykomende korter roete sal as platform dien om nuwe fietsryers te lok: