450 sake van seksuele wangedrag onder SA-opvoeders

‘n Opname deur die Suid-Afrikaanse Raad vir Opvoeders toon daar is die afgelope drie jaar meer as 450 sake van seksuele wangedrag teen opvoeders ingedien. Altesaam 191 daarvan was in die afgelope jaar. George Moroasui van die raad sê hulle het verlede jaar 23 tugprosesse ingestel en 19 opvoeders is aan seksuele wangedrag skuldig bevind. Slegs vier is egter onbepaald van die rol geskrap. Moroasui sê sommige gevalle is gesluit weens ‘n gebrek aan getuienis, klaers wat nie beskikbaar is nie en getuies wat weier om saam met die raad te werk.