43 kosmetiese prosedures om so te lyk?

‘n Vrou het haar ‘nuwe gesig’ onthul nadat sy 43 kosmetiese prosedures ondergaan het om soos ‘n Barbie-pop te lyk. Dalia Naeem (29) wat in Bagdad gebore is, het glo duisende bestee aan haar skokkende transformasie om soos die ikoniese karakter te lyk te voltooi. Sy is blykbaar selfs deur sommige die ‘Irakse Barbie’ gedoop.

Die aanbieder en aktrise het haar nuutste voorkoms in ‘n nuwe video onthul, met een kritikus wat sê sy lyk soos ‘n Zombie; ander is egter skynbaar gefassineer deur haar dramatiese voorkoms.