43 dood in Bangladesj-brand

Minstens 43 mense waaronder vroue en kinders is dood nadat ʼn brand in ʼn seweverdiepinggebou in Bangladesj se hoofstad, Dhaka, uitgebreek het. Sowat 40 is beseer en 75 is gered. Die Bailey Road-gebou huisves hoofsaaklik restaurante, asook talle klere- en selfoonwinkels. Die minister van Gesondheid, Samanta Lal Sen, sê die oorsaak van die brand word ondersoek. Brande in woonstelgeboue en fabrieke is algemeen in Bangladesj omdat veiligheidsmaatreëls nie behoorlik toegepas word nie.