40 nuwe Covid-gevalle aangemeld, 13,6% positiewe koers

Die Namibiese ministerie van gesondheid sê daar is tot en met 7 Mei, 40 nuwe Covid-gevalle uit 295 toetse bevestig. Dit verteenwoordig ‘n positiewe koers van 13,6 persent. Die hoeveelheid toetse het met 94 persent gestyg, vergeleke met die vorige week. Gevalle kom voor in ses streke wat Ohangwena, Oshikoto, Oshana en Hardap uitsluit. Volgens die ministerie is daar 33 van die 54 pasiënte in die vorige week tot einde April, wat herstel het. Dit bring die nuwe aktiewe gevalle tot op 51 te staan met twee wat in die Khomas-streek gehospitaliseer is. Daar word beaam dat Covid-gevalle gedurende die wintermaande sal styg.