40 koöperasies geskors vir berging van kakao

Owerhede in die Ivoorkus het sowat 40 koöperasies geskors wat hulle vermoed kakaobone onwettig opgaar om dit teen ‘n hoër prys te verkoop aan uitvoerders wat sukkel om hul kontrakte na te kom. Daar is tekorte aan kakaobone weens klimaatsverandering. Geskorste koöperasies en onafhanklike kopers het sedert die begin van die middel-oes vroeg in April meer as 60 000 metrieke ton kakao opgegaar en alhoewel dit nie onwettig is om bone op te gaar nie, is dit onwettig om voorraad terug te hou om hoër pryse te vra.