40 Indiërs in brand in Koeweit dood
Die Indiese regering het bevestig minstens 40 van sy burgers is dood in ‘n brand in ‘n gebou in ‘n woongebied in Koeweit. Minstens nog tien mense is dood en talle beseer in die gebou in Mangaf wat byna 200 buitelandse werkers gehuisves het. Plaaslike media sê die gebou was moontlik oorvol. Daar word berig twee-derdes van Koeweit se bevolking is buitelandse werkers aangesien die Midde-Oosterse land hoogs afhanklik is van migrerende arbeiders. Menseregtegroepe spreek gereeld kommer uit oor die arbeiders se lewensomstandighede.