38 migrante verdrink naby Djiboeti

Die liggame van 38 migrante, insluitend kinders, is teruggevind ná ‘n skipbreuk naby Djiboeti. Die VN se Internasionale Organisasie vir Migrasie sê die boot het 66 mense vervoer toe dit gesink het. Die tragedie het net 200 meter van die kus van Godoria in die noordooste van Djiboeti plaasgevind. Die migrante het natuurlik vroue, kinders en babas ingesluit en dat die meeste van hulle glo Ethiopiese burgers is. Dit is die soveelste ramp wat migrante wat onwettig Europa toe reis tref.