36% van akkerbouprodukte word uitgevoer

Namibië het sy eerste besending van 424 ton sagte sitrus en pomelo’s in die eerste kwartaal vanjaar uitgevoer. Daar was geen afkeurings nie en die totale waarde was 15 miljoen Namibiese dollar. Volgens die landbouminister, Calle Schlettwein is 36 persent van plaaslike akker- en tuinbouprodukte, soos druiwe, uie, tamaties, soetrissies, botterskorsies, dadels, bloubessies, en waatlemoene, na internasionale markte uitgevoer. Hy het ook melding gemaak van Namibië se bloubessies wat goed vaar met 71 hektaar reeds in produksie by die Mashare-besproeiingsprojek en Komsberg langs die Oranjerivier, met verdere uitbreidingsplanne. Daar is ook, soos voorheen berig, ‘n nuwe projek wat by Divundu ontwikkel word.