35 van een familie sterf in Gaza

Die ministerie van Gesondheid in Gaza sê 37 mense, insluitend kinders en verwagtende vroue, is die naweek in ‘n Israelse lugaanval op ‘n woongebied in sentraal-Gaza dood. CNN sê hy het beeldmateriaal van die voorval naby die Nuseirat-kamp bekom wat toon hoe dooies en gewondes na die Al Aqsa Martyrs-hospitaal gebring word. Volgens mediese personeel was 35 van die 37 slagoffers lede van een familie. Die Israelse weermag het ook beeldmateriaal oor die aanval uitgereik, en sê “verskeie Hamas-terroriste” het in die gebied gewoon.