35 polisielede in tweede kwartaal vermoor

Die hoof van die Valke, Godfrey Lebeya, het aangekondig altesaam 35 polisielede is in die tweede kwartaal van die 2023/24-boekjaar vermoor. Hy het op ‘n nuuskonferensie gesê 37 verdagtes is in verband met hierdie moorde in hegtenis geneem. Tien van hulle is gevonnis, met vyf wat tien lewenslange vonnisse deel plus ‘n gesamentlike tronkstraf van 391 jaar. Lebeya sê die Valke bly vasberade in hul strewe na geregtigheid vir polisielede.