32 renosters word vanaf Hosea Kutako uitgevoer

Kosmos 94.1 Nuus verneem dat 32 renosters vandag vanaf Hosea Kutako Internasionale Lughawe na Texas in die VSA uitgevoer sal word. Die diere is afkomstig van een verkoper en die  proses is heeltemal wettig. ‘n Boeing 747 van Air Atlanta in Ysland het vroeg vanoggend op die lughawe geland maar besonderhede oor die vlug moet nog bevestig word. Daar is geen vlugplan vir die vliegtuig se vertrek nie. Daar word verneem dat renosters vanuit Suid-Afrika sal by die uitvoer ingesluit word. Kenners meen Texas is ‘n uiters geskikte habitat vir Afrika-renosters en is vergelykbaar met sentraal Namibië.