31 000 Oekraïnse soldate sterf in oorlog met Rusland: Zelensky

President Volodymyr Zelensky sê minstens 31 000 Oekraïnse soldate is dood sedert Rusland se volskaalse inval twee jaar gelede. Hy beweer ook 180 000 Russe is in die konflik dood. Dis die eerste keer sedert die einde van 2022 dat Oekraïne ʼn syfer aan sy militêre verliese koppel. Zelensky sê hulle het ʼn nuwe weerstandsplan teen Russiese magte nadat die eerste een verlede jaar weens ʼn gebrek aan wapens misluk het. Hy sê hulle enigste opsie is om hierdie oorlog te wen.