300 Nigeriese kinders terug, ongedeerd

Die Nigeriese weermag het byna 300 skoolkinders wat vroeër die maand in die land ontvoer is, gered. Hulle is ongedeerd. Gewapende bendelede op motorfietse het hulle op die sewende van die maand ontvoer nadat hulle die LEA Primary en Secondary School in die Kuriga-dorpie aangeval het. Amptenare sê die reddingsoperasie is gister in die vroeë oggendure uitgevoer, dae voordat die losprys betaal moes word. Bendes ontvoerders het die afgelope jare duisende mense, veral in die noordweste van Nigerië ontvoer.