300 National Circuit-byeenkoms gekanselleer

Die Windhoek Motorklub se 300 National Circuit-byeenkoms, wat aanvanklik vir Saterdag by die Tony Rust-renbaan geskeduleer was, is gekanselleer. Die besluit is geneem nadat veiligheid as die topprioriteit beklemtoon is op ‘n vergadering. Dit is na aanleiding van ‘n voorval waar Michael Strydom se voertuig ‘n meganiese probleem tydens ‘n onlangse wedren ervaar en deur die veiligheidsheining gebreek het. Richard Slamet, voorsitter van die Windhoek Motorklub, het meer.