30-jaar oue beelde van Venus toon vulkaan

’n Vars ontleding van radarbeelde wat meer as 30 jaar oud is, het nuwe bewyse opgelewer wat aandui dat Venus, Aarde se planetêre buurman, tans vulkanies aktief is met uitbarstings en lawavloei. Navorsers sê die beelde toon dat ‘n vulkaniese opening ongeveer 1,6 kilometer breed op die Venus-oppervlak uitgebrei en van vorm verander het oor ‘n tydperk van agt maande in 1991. Die opening is geleë op Maat Mons, wat op ongeveer 9 kilometer hoog is – die planeet se hoogste vulkaan en sy tweede hoogste berg.