3 SA spelers draf vir Skotland op
Rugby: Drie gebore Suid-Afrikaanse spelers is in Skotland se wedstrydgroep ingesluit vir môre se kragmeting teen Fidji op Murrayfield. Loskopstut Pierre Schoeman en linkervleuel Duhan van der Merwe begin albei en haker Dylan Richardson sal waarskynlik sy vierde toets van die bank af speel. Intussen sal Darcy Graham die eerste keer in meer as ’n jaar vir Skotland speel nadat hy in die opdrafspan ingesluit is. Senter Sione Tuipulotu sal Skotland die eerste keer aanvoer sedert hy as kaptein aangewys is.