26 land in hospitaal oor gedroogde vleis

Ses-en-twintig inwoners van Saamstaan in Otavi is in die hospitaal opgeneem nadat hulle vleis geëet het wat op die straat gekoop is. Drie mans het na bewering gedroogde vleis verkoop, wat volgens hulle van ‘n sebra afkomstig was. Mense wat die vleis geëet het, het naar begin voel gevolg deur erge braking en diarree, wat hulle almal in die hospitaal laat beland het. Hulle is na behandeling ontslaan. Otjozondjupa-polisiewoordvoerder, Maureen Mbeha, sê die sebra het vanself gevrek en begin vrot voordat die vleis gedroog is. Geen saak is aanhangig gemaak nie.