26 huise brand in Tutaleni af

Die Erongo-polisie sê 26 informele huise is gedurende die nag in die Tutaleni-nedersetting op Walvisbaai deur ‘n brand verwoes. Die brand het ongeveer half-12 Woensdagnag ontstaan in Khomas Hochlandstraat. Die oorsaak van die brand is nie bekend nie maar die polisie sê die eienaar van die eerste huis wat aan die brand geslaan het, is sedert Maandag nie tuis nie. Daar is tans geen besering of sterftes aangemeld nie en owerhede sal vandag die toneel besoek om ondersoek in te stel. Brande in informele nedersettings veral aan die kus, kom algemeen voor, veral as dit koud en mistig is.