25% van leerders kwalifiseer vir AS-vlak

‘n Totaal van 25,2 persent van gewone vlak leerders het gekwalifiseer vir gevorderde vlak, oftewel AS-vlak onderwys. Dit is ‘n klein verbetering op die 21 persent van die 2022-akademiese jaar en beteken 10 261 uit 40 682 leerders kan, sou hulle wou, gevorderde vlak vanjaar volg.