25 Navo-vredesmaglede in Kosovo beseer

Die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie het aanvalle deur betogers in Kosovo, Serwië, waarin sowat 25 vredesmaglede beseer is, as totaal onaanvaarbaar beskryf. Die polisie en Navo-vredesmaglede het met Serwiese betogers in Kosovo slaags geraak wat in opstand is oor die aanstelling van burgemeesters wat van Albaniese oorsprong is. Navo doen ‘n beroep op alle kante om hulle te weerhou van optrede wat spanning verder aanblaas en eerder gesprek te voer. Kosovo, waarvan die inwoners hoofsaaklik etniese Albaniërs is, het in 2008 onafhanklikheid van Serwië gekry, maar dié land beskou dit steeds as ‘n integrale deel van sy gebied.