25 in Nigerië by kerk ontvoer
Gewapende mans het ‘n Baptistekerk in die noordweste van Nigerië aangeval en 25 aanbidders ontvoer. Die aanval was die jongste massa-ontvoering in Nigerië, waar onveiligheid een van die grootste uitdagings is wat die inkomende president Bola Tinubu in die gesig staar. Aanvallers het by die Bege Baptistekerk in die Chikun-gebied van die Kaduna-staat ingebars en aanvanklik 40 mense ontvoe maar 15 het egter later daarin geslaag om weg te kom. Swaar gewapende bendes dra gereeld massa-ontvoerings vir lospryse in die noordweste en sentrale dele van die land uit.