245 Namibiese Korrektiewe Dienste-kandidate moet op Omaruru aanmeld

Die Namibiese Korrektiewe Dienste het die name van 245 kandidate wat suksesvol was uit ‘n kortlys van sowat 15 000 aansoekers bekend gemaak. Hierdie kandidate moet op 27 en 28 Februarie by die Lucius Mahoto Korrektiewe Dienste se opleidingskollege op Omaruru aanmeld vir ses maande se basiese opleiding. Kandidate moet hul identiteitsdokumente, ‘n geskiktheidsertifikaat wat nie ouer as ses maande is nie, en sportdrag wat geskik is vir opleiding, saambring. Die gebruik van selfone tydens opleiding word nie toegelaat nie en moet by die kantoor ingehandig word. Hulle moet ook ‘n stoflap en swart skoenpolitoer saambring.