24-uur Oshikango-grenspos ‘gaan gemors afgee’
Binnelandse Sake minister Albert Kawana, en sy Angolese eweknie, Eugenio Cesar Laborinho, het aangekondig dat die Oshikango-grenspos van vandag af 24 uur per dag oop sal wees. Dit het ten doel om oorgrenshandel te verbeter, ekonomiese aktiwiteite te bevorder, en om naatlose beweging vir reisigers en besighede tussen Namibië en Angola te fasiliteer. Daar is egter vrese dat reeds problematiese onwettige brandstofsmokkelary vanaf Angola hoogty sal vier sodra die grenspos 24 uur per dag oop is. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Jafet Nakanue, ‘n vulstasie-eienaar naby die Oshikango-grenspos, wat sê dit gaan net ‘n gemors afgee.