24 sake per dag van diefstal, vandalisme van kraginfrastruktuur
Die DA sê Suid-Afrika ervaar ‘n krisis met die diefstal van elektrisiteits-infrastruktuur, wat lei tot verskerpte beurtkrag. Volgens die Departement van Openbare Ondernemings se skriftelike antwoord op die party se parlementêre vraag, is meer as 44 000 sake van diefstal en opsetlike beskadiging tussen 2018 en verlede jaar aangemeld, wat gemiddeld 24 voorvalle per dag verteenwoordig. Die DA-lid, Mimmy Gondwe, sê ondanks die minister van Polisie, Bheki Cele, se taakspanne, lyk dit of die regering die stryd teen elektrisiteits-infrastruktuur-misdadigers verloor, wat ‘n winsgewende swart mark aanvuur: