22 leerders in Nigerië dood toe eksamenlokaal se dak ineenstort
Die ineenstorting van ‘n skool in sentraal-Nigerië het die lewens van 22 leerders geëis. Na wat berig word het die jeugdiges gister eksamens afgelê toe geboue by die Saint Academy-skool in die Jos North-distrik van die Plateau-staat ineengestort het. Talle kinders is onder die puin van die klaskamers vasgekeer met ouers wat desperaat na hulle kinders gesoek het terwyl reddingswerkers swaar masjinerie in hulle soektog gebruik het. Minstens 130 leerders is beseer en word in plaaslike hospitale behandel.