Mediterranean Blue behaal N$383mMay 16, 2025
Die Mediterranean Blue, ‘n splinternuwe blou diamant wat onlangs uit die Cullinan-myne in Suid-Afrika ontgin is, is vir 383 miljoen Namibiese dollar op ‘n Sotheby’s-veiling in Genève, Switserland verkoop. Die bod vir die diamant, wat 10,3 karaat weeg, het op 198 miljoen dollar begin. Sotheby’s se hoof van juweliersware, Quig Bruning, sê die edelsteen tel onder die top- blou diamante wat hulle verkoop het: