GRN kan dividende gebruik om tersiêre onderwys te befondsMay 16, 2025
Tydens ’n sitting van die Nasionale Raad het Swapo-LP Gerhard Shiimi voorgestel dat dividende van instansies soos NamRA, Epangelo Mining en De Beers gebruik word om gratis tersiêre onderwys te befonds. Dit volg op president Netumbo Nandi-Ndaitwah se aankondiging dat die regering vanaf 2026 tersiêre onderwys ten volle sal subsidieer. Dit sal na raming 5 miljard Namibiese dollar per jaar kos, maar die bron van dié fondse is onseker. Shiimi het ook verbeterde inkomste-invordering voorgestel, maar daar is kommer dat dit infrastruktuurontwikkeling kan benadeel. Shiimi is aan die woord.