San gaan somtyds maande sonder enige voedselhulp-afleweringsMay 15, 2025

Die Nasionale Raad sit tans om die begroting te bespreek. Elke begrotingstem van elke ministerie moet goedgekeur word voordat dit as wet aangeneem word. Raadslid Andreas Amundjindi van Swapo het droogtehulp aangeroer tydens begrotingstem 2, vir die kantoor van die eerste minister. Hy sê die San gemeenskap gaan dikwels maande lank sonder enige droogtehulp-aflewerings.