SA Rugby bring hulde aan Cornal HendricksMay 15, 2025

Rugby: SA Rugby se president, Mark Alexander, het hulde gebring aan Cornal Hendricks en hom beskryf as ‘n uitsonderlike atleet wie se bydrae tot die sport altyd onthou sal word. Die 37-jarige gewese Springbok-vleuel is gisteraand oorlede, vermoedelik na ‘n hartaanval. Hy het 12 toetse vir die Bokke gespeel en Boland, die Cheetahs en die Bulle verteenwoordig. Alexander sê Hendricks was een van daardie spelers wat die sport liefgehad en uiters hard gewerk het, maar altyd met ‘n glimlag, en het almal met respek behandel.