NNN vetrek vanoggend na Botswana, ZambiëMay 15, 2025
President Netumbo Nandi-Ndwaitwah vertrek vanoggend vir ‘n staatsbesoek aan beide Botswana en Zambië. Die Presidensie se verklaring maak geen melding oor die rede vir, of besonderhede van, die besoeke nie, maar dit kom kort op die hakke van haar twee-dag besoek verlede week Vrydag en Saterdag aan Angola. Daardie besoek was om samewerking in die olie-sektor te bewerkstellig. Sy sal môre in Lusaka in Zambië aandoen en daar word verwag sy sal dan vandag Botswana besoek.