MTC Vlugbal Nasionale Liga die naweek in Katima MuliloMay 15, 2025
Die Namibië Vlugbalfederasie se MTC Vlugbal Nasionale Liga keer Saterdag terug met aksie in Katima Mulilo. Vyf wedstryde in die tweede rondte van beide die mans- en vroue-afdelings sal by Unam se veeldoelige saal beslis word. Die Unam Hard Hitters speel die eerste manswedstryd om 9-uur teen Mighty Gunners, gevolg om 11-uur deur verdedigende kampioene Namibië Korrektiewe Dienste teen Calvary Eagles. Om 1-uur kom Mighty Gunners teen die NDF Raptors te staan, In die vroue-afdeling speel die plaaslike Ball Busters teen Nampol Otjozondjupa om 3-uur. Die finale wedstryd is om 5-uur wanneer Unam Hard Hitters en NDF Raptors sal kragte meet.