NaCC gee jongste rakende Shell se oorname van EngenMay 14, 2025

Die Namibiese Mededingingskommissie het die jongste rakende die verkryging deur Vitol Emerald Bidco van ‘n beherende persentasiebelang van die totale uitgereikte aandelekapitaal van Engen, ingevolge ‘n aandele-koopooreenkoms, bekend gemaak. Dit beteken basies plaaslik dat Shell Engen oorneem. Die kommissie het voorwaardes daargestel wat bepaal dat 58 geïdentifiseerde vulstasies binne die eerste verkoopsperiode, wat op 27 Mei vanjaar eindig, verkoop moet word met ‘n tweede periode wat op 28 Mei begin waaraan alle ondernemings kan deelneem. Dit is in ‘n poging om markoorheersing te verhoed.