Löwenrivier se bewaring kry aandag May 14, 2025
Die bekende slangkenner en -bewaarder, Francois Theart, het ‘n nuwe projek bekendgestel. Die Löwen River Rewilding-projek is ‘n privaat nie-winsgewende inisiatief wat die omgewing in die gebied wil herstel met ‘n fokus op grondgehalte, plantegroei en wildlewe. Die Löwenrivier vloei na die Nautedam in die Karas-streek. Kosmos 94.1 Nuus het met Theart, bewaringsbestuurder van die projek, gesels.