GBV-stryd ‘vereis meer maatskaplike werkers, nie meer polisie’May 14, 2025
Reaksie word ontvang op die aankondiging deur luitenant-generaal Joseph Shikongo dat meer as 4 400 gevalle van geslagsgebaseerde geweld tussen April 2024 en Februarie 2025 aangemeld is. Hy beklemtoon dat die gefragmenteerde databestuurstelsel gemoderniseer moet word om vinniger en meer doeltreffende reaksies te verseker. Die Namibië Statistiekagentskap sal die stelsel help versterk en integreer, met tegniese en finansiële ondersteuning van die Verenigde Nasies. Kosmos 94.1 Nuus het met maatskaplike aktivis, Ethne Mudge gepraat.