E-verkrygingstelsel vir tenders het vele voordeleMay 14, 2025
Die Afrika-ontwikkelingsbank en die Wêreldbank waarsku Namibië om nie prysvergelykings as die hoofrede vir die toekenning van tenders te benut nie. Die verkrygingskenner by die Wêreldbank, Devesh Mishra, sê dat ‘n verandering na meer onpartydige en oop hersieningsprosedures nodig is. Mishra beweer dat die outomatiese verwerping van tenders gebaseer op hoeveel hulle kos in vergelyking met ‘n gemiddelde, onbedoeld samespanning tussen bieders kan bevorder. Kosmos 94.1 Nuus het met die uitvoerende hoof van die Konstruksie Industrie-federasie van Namibië, Bärbel Kirchner, gepraat wat haar kommentaar lewer oor die aanbevelings vir ‘n e-verkrygingstelsel.