Beampte verskyn op moord na skietery van vragmotorbestuurderMay 14, 2025
Die 43-jarige polisie-sersant Dimbulukeveni Namhila het in die Ohangwena landdroshof verskyn vir die beweerde moord op ‘n vragmotorbestuurder, Shilongo Eliud Hamukwaya, 38. Namhila het na bewering die oorledene Sondagaand by die Onhuno-kontrolepunt doodgeskiet na ‘n argument. Hamukwaya het volgens die polisieverslag met ‘n vragmotor op ‘n vroulike polisiebeampte afgepeil en Namhila het ‘n skoot afgevuur, wat Hamukwaya in die maag getref het. Landdros Vennecky Mumbala het borgtog geweier en die saak uitgestel na 3 Junie vir ‘n formele borgaansoek en verdere ondersoek.