Trump sê Katar skenk straler, Katar sê dis onakkuraatMay 13, 2025

Amerikaanse president Donald Trump het die Withuis se plan om moontlik ‘n luukse jumbo-straler van Katar se koninklike familie te ontvang, verdedig. Die straler wat sowat 400 miljoen Amerikaanse dollar werd is sal as ‘n Air Force One presidensiële vliegtuig gebruik word. “Hulle gee ons ‘n geskenk,” het Trump aan verslaggewers by die Withuis gesê. ‘n Woordvoerder van Katar het in ‘n verklaring die bewering dat die vliegtuig ‘n geskenk is as onakkuraat beskryf. Hy sê die oordrag van ‘n vliegtuig vir tydelike gebruik is tussen die twee lande bespreek. Luister self na Trump.